Belijdenisgeschriften
- Die Nederlandse
Geloofsbelydenis Artikel 1-11.
Preke. Pretoria: Spes Bona, 1984 (74 pagina's).
- Die Nederlandse
Geloofsbelydenis Artikel 12-19.
Preke. Pretoria: Spes Bona, 1985 (59 pagina's).
- Die Nederlandse
Geloofsbelydenis Artikel 20-26.
Preke. Pretoria: Spes Bona, 1985 (63 pagina's).
- Die Nederlandse
Geloofsbelydenis Artikel 27-32.
Preke. Pretoria: Spes Bona, 1985 (69 pagina's).
- Die Nederlandse
Geloofsbelydenis Artikel 33-37.
Preke. Pretoria: Spes Bona, 1986 (73 pagina's).
- Kerk en owerhede in die
Drie Formuliere van Enigheid. Studia
Historiae Ecclesiastica VI (1980),
pp. 124-144.
Hier lê die gedachte
agter dat as die kerk die moontlikheid ontvang om die
suiwere Woord te predik, die egbreukige erediens daardeur
al meer teruggedring sal word. Dis dus volgens die
belydenis nie die taak van die owerheid om met
swaard en inkwisisie die valse godsdiens te ruïneer nie.
Dit is sy taak om die hand te hou aan die heilige
ministerie, sodat die swaard van die Woord
gehanteer kan word. Ons vaders wat gesug het onder
Spaanse geweld en kerklike inkwisisie wou werklik nie die
owerheid versoek om in naam van die Reformatie 'n kopie
daarvan in te voer nie.
- Hendrik de Cock en art. 29 NGB (2).
In die Skriflig
13 (1979) nr. 49, pp. 37-45.
De Cock het hom nie net van die instituut, die organisasie, die sinode afgeskei
nie, maar van die Hervormde Kerk as sodanig en dit 'valse
kerk' genoem, hoewel hy wel deeglik geweet het dat daarin
baie kinders van God was. Die Akte van Afskeiding beweer
dat 'het Nederlandsche Kerkbestuur' hom soos 'de door
onze Vaderen verworpene Paapsche kerk' openbaar het. De
Cock het openlik die Hervormde Sinode gelykgestel met die
sanhedrin, die sinagoge, die Roomse kerk en die pouselike
bestuur.
De Cock hef soos Calvyn teenoor Sadoletus weer die banier
van die Belydenis op en roep op tot afskeiding. Hy weet
terdeë dat baie van die volk van God nog hulle onder die
sinodale juk bevind. Juis daarom handhaaf hy die aktuele
plig tot afskeiding.
- Art. XXIX van die Nederlandse Geloofsbelydenis.
In die Skriflig 12 (1978) nr. 48, pp. 9-13.
Met valse kerk is die illegitieme kerk bedoel, die kerk wat voorgee om kerk te
wees maar dit nie is nie. Die verwysing na die sinagoge
van satan het verband met die boupraktijke van die Roomse
kerk. In baie katedrale was weerskante van die ingang die
beelde van ecclesia en synagoga
aangebring. Ikonografies gaan dit terug op die
konfrontasie in die eerste eeue tussen die kerk en
sinagoge. Die Reformasie durf teen Rome sê dat dit 'n
sinagoge van satan was. Die roem van die beelde langs die
ingangspoorte van die gotiese katedrale was 'n leuen, Pseudonomos
ekklèsia.
- Die Dordtse Leerreëls verdor nie. Die vyf artikels teen die Remonstrante vertaal en toegelig. Johannesburg: De Jong, 1973 (134 pagina's).
Daar word herhaaldelik in ons dae gestel dat die belydenis van Dordt verdor is en as 'n
versteende fossiel by die antikwiteite tuishoort. Dit is
egter allermins die geval. Hierdie konfessie rig hom juis
teen dit wat die kern van die hedendaagse afval
uitmaak: die belydenis van die autonome mens. En die
'Canones van Dordrecht' plaas hierteenoor die enigste wat
die Woord van God as reddende mag bekend stel: die
soewereine genade van God. Teenoor die Stad van die Mens:
die nuwe Jerusalem waar die water van die lewe geskenk
word. Met die Leerreëls in die hand kan ons ons wapen
teen allerlei subtiele ondermyning van Gods vrymagtige
welbehae.
Nederlandse vertaling door ds. J.H. Zwart:
De Dordtse Leerregels verdorren niet.
- Varia oecumenica: Doperse invloeden in art. XXVIII N.G.B.? De Reformatie 41, p. 367 (nr. 46, 27 augustus 1966).