De brief van Judas
- Die teologie van
bevryding. Vyf preke oor die brief
van Judas. Pretoria: Spes Bona, 1981 (61 pagina's).
Die brief van Judas is nie
baie populêr nie en val in hierdie ekumeniese eeu wel
besonder uit die toon. Watter skerpe taal word hier nie
gebruik nie!
Daar het mense in die gemeente ingesluip, wat 'n
'teologie van bevryding' bring, wat vloek met die
evangelie van die genade van God en hom rewolusionêr
opstel teenoor ons enigste Heerser en Heer, Jesus
Christus. Hierdie mense het eers wel die gesag van die
Christus erken, maar later het hulle ontevredenheid gaan
saai teen die bestaande (Romeinse) bewind. Juis omdat
Judas in hierdie brief Joodse apokalipse teen hulle
aanhaal, sal ons hier moet dink aan dwaalleraars wat met
behulp van dergelike versetliteratuur propaganda maak vir
die Joodse opstand onder kerklede.
Die vyf preke oor die brief van Judas wat hier aan die
leser aangebied word, was die eerste resultate van 'n
achtergrondstudie vir 'n selfstandige kommentaar op
hierdie brief; 'n kommentaar wat deur die onverwagte
heengaan van die skrywer nie verwesenlik kon word nie.
Die literatuurlys wat reeds saamgestel was, mag vir die
gebruiker van nut wees en is derhalwe agterin opgeneem.
- Die lofverheffing van die
Heer van die tyd aan die slot van Judas (24-25)
- Die aanvang van die brief
van Judas (1-2)
- Die bedoeling van Judas met
sy brief (3)
- Die aantasting van die
gesag van die Verlosser (4)
- Die gerigswoord van Judas
teen die dwaalleraars (5-8)
English translation: The theology of liberation. The epistle of Jude. Five sermons.