TOG WEER GESANGE?
Soos bekend was een van die oorsake van die (her)stigting van Die Gereformeerde Kerk die weiering om Gesange te sing. Hierin het die afgeskeie ds. D. Postma hulp gebied. Die Afgeskeie kerk in Nederland wou ook nie Gesange sing nie.
In 1933 het hierin verandering gekom omdat die Nederlandse Gereformeerde Kerke in bundel gesange aanvaar het. Dit is "Uitbreiding van Eenige Gezangen" genoem, maar dit was eintlik 'n misleidende term.
Daar was naamlik wel "Eenige Gezangen" maar hulle was deurgaans Skrif-Psalms, Skrifberymings (10 Gebooie) en Formu1ierberymings. Dus geen VRYE liedere nie.
Deur van uitbreiding te spreek het mense gedink dat daar reeds Gesange (as vrye liedere) was. Die aantal is net uitgebrei. Stemme wat net om Skrif-Psalms geroep het, is gesmoor.
Na die Vrymaking is daar (tereg) op bestaande Gesange kritiek uitgebring (bv. deur ds. G. Visee en die kerkraad van Hilversum). 'n Mens sou verwag dat nou die bundel ingekort sou word.
Dit het wel gebeur, maar tewens het daar ander voor in die plek gekom, vrye liedere.
Daar is nou 'n bundel gedruk wat tans "getoets" word.
Hierdie laaste is gevaarlik : laat jy die kerkvolk dit al sing dan loop jy die kans dat hulle dit nie weer wil prysgee nie.
In die Nederlands Dagblad word soms Gesange afgedruk en bespreek deur deputate, d.w.s. : voor die invoering word propaganda gemaak deur bv. ds. Vreugdenhil en prof. drs. H.J. Schilder.
As voorbeeld na so 'n Gesang druk ons nou Gesang 14 af.
1. Ontsluit, o Heer, voor U ons hart.
houd ons aan U verbonden;
Gij schenkt ons vreugde door uw smart.
Gij heelt ons door uw wonden.
Wat wondren van barmhartigheid
hebt Gij voor ons ten toon gespreid,
en aan het kruis bewezen;
uw liefd' en trouw, die 't al
volbracht,
hier nooit genoeg door ons herdacht,
zij eeuwiglijk geprezen!
2. Gij sterft, en laat dien troost ons na:
de zonden zijn vergeven.
Gij hebt voldaan op Golgotha,
dit geeft ons kracht ten leven.
Uw zoendood lenigt onze smart,
verkwikt, vertroost, versterkt ons
hart;
niets heeft zo grote waarde.
Mij sta uw liefde bij in nood,
en zij uw trouw tot in den dood,
mijn laatste troost op aarde!
Hierdie gesang kom voor in die Gesangebundel van 1805, wat die ou-doppers en die afgeskeienes nie wou sing nie. Daarin is dit Nr. 119 (In die Afrikaanse bundel is dit Nr. 117). Dit is van 'n gedig van Gellert deur Van de Kasteele nagedig en het daar elf (11) verse! Dit is opgeneem in die rubriek: "Lijdens Gezangen", en die titel is: "Op het lijden van Jezus".
Ons moet daarmee rekening hou dat Gellert luthers was. In die lutherse kerk is die kruisbeeld nog gehandhaaf en 'n besondere nadruk is daar gelê op die "Wundenblick".
Opmerklik is dat in hierdie Gesang van Gellert soveel terugverwysings na die Ou Testament is : Vs. 6 : Gij draagt ook onze plagen (Jes. 53). "Gelijk een lam ter slagting" (idem). Vs. 7 : "Uw hand en voet doorgraven" (Ps. 22). "Om U met gal te laven" (Ps. 69). Vs. 8 : "Gij antwoordt niet, o Heer" (Ps. 22).
Al die gepraat oor die noodsaaklike "Nuwe-Testamentiese" lied is baie keer maar bedrieglik. Telkens (ook in die voorgestelde vrygemaakte bundel) gryp Gesange na die Ou Testament terug. Mwns kan dan beter die letterlike Psalms sing as net fragmente volgens eiemagtige uitlegging.
Ons vra ons verder af of die kerklike jaar gewettig mag word deur spesiale "lijdensliederen". Die kerk van Bisantium en Rome het die lydensverhaal gedramatiseer en die kerk opgeskeep met sewe lydensweke. Maar - dit het gebeur as gevolg van DEFORMASIE (Cyrillus van Jerusalem; sien R.B. Serie-boek van dr. K. Deddens : 't Begon in Jeruzalem!)
Die ou kerk (verg. Melito se paaspreek!) het egter lyde en OPSTANDING tegelyk herdink.
Die lyde kan nia van die opstanding losgemaak word nie. Ook as ons daaroor spreek volgens die Kategismus, sal ons tog moet bedink dat dit die Lewende Heer is wat ons laat deel in die vrugte van Sy kruis. Ons kan nie aparte "Lijdens Gezangen" gaan dig nie sonder om die opstanding in die oog te hou nie.
Beperk one ons tot die laaste vers van dia afgedrukte Gesang wat die tweede in die vrygemaakte bundel is en die laaste (elfde) in die oorspronklike.
In die 1805 Bundel lui die teks aldus:
Gij sterft, en laat dien troost ons
na,
De zonden sijn vergeven;
Gij hebt voldaan op Golgotha,
Dit geeft ons kracht ten leven;
Uw zoendood lenigt onze smart,
Verkwikt, vertroost, versterkt ons
hart,
Niets heeft zoo groot ean waarde.
Uw zoendood zij mijn steun in nood,
Mijn heil in druk, en in den dood
Mijn laatste steun op aarde.
Ons kan sien dat in die vrygemaakte voorstel die teks ietwat gewysig is (denklik volgens die teks - Hasper). "Steun" het "troost" geword in die laaste reël en agter "dood" is 'n komma geplaas, wel teen die oorspronklike bedoeling in. Die oorspronklike teks spreek nie van "trouw tot in den dood" nie, maar van: "in den dood mijn laatste steun op aarde".
Wat baie duidelik word, is die versmalling wat in hierdie Gesang optree. Die "ons" van vs. 1 het "ek" geword en nie die kollektiewe "ek" nie, maar die persoonlike "ek". 'n Mens kan sê dat die Kategismus ons hierin voorgaan en ook baie Psalms. Maar so eenvoudig is die kwessie nie. Dáár is die "ek" die "ek" van die gemeente soos ook in die Geloofsbelydenis. Hier is 'n konsentrasie op die persoon en dan veral op sy "laaste uur".
Daarby kom ook 'n versmalling in die sin dat hier die opstanding van Christus nie aan die woord kom nie. In Ps. 22 en 69 is dit WEL 'n feit : Christus as Regter vertel God se lof temidde van sy broedere.
Heel die vers staan in die teken van 'n treurige gedachtenisfees. Gij sterft en laat die troost ons na .....". Ek siteer nou ook vers 1 volgens die 1805-beryming:
Ontsluit, o Heer! ontvlam ons hart,
En wil ons kracht verleenen!
Wij denken aan uw lijdenssmart,
Aan uwe liefd' en weenen;
Wat wondren van barmhartigheid
Hebt Gij voor ons ten toongespreid,
En aan het kruis bewezen!
Uw lief' en trouw, die 't al volbracht,
zij eeuwiglijk geprezen!
Ons moet daarmee reken dat die neiging daar was om op Goeie Vrydag nagmaal te vier en daarvan 'n egte herdenkingsgodsdiensoefening te maak. Later het die Hervormde Sinode dit spesiaal aanbeveel. Nou pas hierdie Gesang juis in hierdie sfeer as Goeie Vrijdag-Gesang, as Gedagtenis-Gesang.
Dit is egter ongeoorloof om nou hierdie Gesang waarop toepaslik is : Wat soek julle die Lewende by die dode?, te gaan oorarbei en dit dan vir die Gereformeerde erediens toepaslik te maak.
Dit sal nooit heeltemal slaag om die oorspronklike konteks heeltemal weg te werk nie.
Invoering van dergelijke Gesange bewerk die volgende:
Ek kan my voorstel dat daar moontlik diegene is wat stel of hierdie sake werklik so ernstig is.
Hierop kan slegs met ja geantwoord word. Daar is baie keer van die verbreking van die Beding gepraat. Op die oomblik is daar 'n_strewe om die Afskeiding - wat 'n katolieke beweging was - op liturgiese vlak te verloën. Die gevolg is daarvan dat die keus van liedere nie meer deur die Skrif self bepaal word nie, maar deur "meedoen" en deur "persoonlike gevoel". Daarom maak ons ook die volgende stellings: Die invoering van Gesange bevorder:
Jaartalle
1539 Calvyn gee 'n bundel uit met Enige Psalms en Gesange (hiermee is bedoel: Skrifpsalms!).
1566 Datheen ges die vertaling van die Franse psalmberyming uit.
1773 Nederland aanvaar 'n nuwe psalmberyming. Die berymers pleit by die Staten-Generaal vir 'n Gesangebundel soos "die ander volke" dit het.
1805 Gesangebundel in Nederland aanvaar.
1814 Gesangebundel uit Nederland vir Londen in Suid-Afrika ingevoer. Die "Doppers" protesteer.
1834/5 In Nederland Afskeiding. Ds. Brummelkamp geskors omdat hy geen Gesang wil laat sing nie.
1858/9 Die kerk van Rustenburg weier om Gesange te sing.
1933 Ned. Geref. Kerken aanvaar bundel met vrye liedere.
1938 Die Nederlandse Hervormde Kerk aanvaar hersiene Gesangebundel.
1964 Die sinodale Geref. Kerken aanvaar 'n bundel van 119 Gesange.
1970/2 Die Algemene Doopsgesinde Sociëteit;
die Sinode
van die Evangelisch-Lutherse kerk in Nederland;
die gen.
sinode van die sinodaal Geref. Kerken in Nederland;
die Gen.
sinode van die Ned. Herv. Kerk;
die
kommissie van die Remonstrantse Broederskap aanvaar die Liedboek
voor de Kerken met 491 Gesange.
1972/3/5 Die Nederlandse vrygemaakte Geref. Kerken beeluit om Gesange te soek wat 'n wins bo die Psalms is (sien Acta Sin. Hattem, p. 185; Acta Sin. Kampen, p. 217).