VRA IS VRY.
Vraag: Psalms 98: 4 (berym) sprrek van : Hy span Sy vierskaar in die wolke. Hoe moet ons dit opvat?
Antwoord: 'n Berymer van psalms gebruik soms "stoplappe". Hier het jy so 'n "stoplap". Dit moes rym op "Regter van die volke". Daarom het Totius gekom met "vierskaar" wat regterlike hof beteken en "in die wolke".
Dit is origens 'n Skriftuurlike gedagte dat God op wolke ry. Ps. 68: 5 spreek van Hom wat deur die woestynvlaktes ry. Dit moet wees : wat deur die wolke ry. Só was die titel van Baäl. Maar só het die HERE Hom ook genoem. Kyk na Ps. 68: 34, l8: 11, 97: 2 en veral Jes. 19: 1 : "Die HERE ry op 'n vinnige wolk".
Het Totius aan wolke gedink by die uitdrukking: die groot wit troon in Openb. 20? Origens kan die term, dat Christus op die wolke kom invloed gehad het op hierdie formulering. Soos gesê : die digter het hier die berymer aan die kant geskuif. Daar is meer van dergelike gevalle en helaas het daar den nie altyd iets spesifiek-Bybels na vore gekom nie, byvoorbeeld aan die einde van Ps. 130 staan daar - in ooreenstemming met die ou Statevertaling van 1773 - :
HEER (o God) doen so aan my!
Dit staan nie in die grondteks nie. Daar staan net die versekeringdat die HERE Israel sal verlos en nie daarna nog 'n gebed vir 'n persoonlike toepassing nie. God se beloftes aan Israel IS mos beloftes vir ons?
Dit is daarom goed om elke beryming krities te lees. En by 'n hersiening moet juis die "stoplappe" nader bekyk word.
V.d.W.